‘Bring eie drank’ na skaapslagting vir viering van FW se dood

932

’N SKAAP is Vrydag seremonieel op ’n “De Klerk is Dead”-partytjie in Khayelitsha geslag ter viering van die dood van oudpres. FW de Klerk.

Phurah Jack, lid van die BLF en Black People’s National Crisis Committee en organiseerder van die “De Klerk is Dead”-partytjie, het aan News24 gesê die seremonie is om De Klerk se dood te herdenk en om voorvaders te vra om seker te maak De Klerk ontmoet die gees van Steve Biko waar hy ook al gaan.

Biko, ’n leier in die Black Consciousness-beweging, is op 12 September 1977 in polisieaanhouding dood nadat die polisie hom so wreed aangerand het dat hy ’n traumatiese breinbesering opgedoen het.

LEES VERDER – https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/bring-eie-drank-na-skaapslagting-vir-fw-se-dood-20211113