“ONS HUIS IS LEEG,” SÊ VROU VAN LEN CLOETE

1746

Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die skietvoorval by ‘n gastehuis in Muldersdrift in Gauteng, waartydens ‘n polisiebeampte ‘n man in die kop geskiet het.

Len Cloete is deur die polisieman in die kop geskiet, na ‘n onderonsie tussen hom en die polisiebeamptes.

‘n Video van die voorval het gister op sosiale media die rondte gedoen.

Cloete is geskiet na hy die vuurwapen van ‘n vroue polisiebeampte afgeneem het tydens die onderonsie.

Daar word beweer dat hy ‘n argument gehad het met die gastehuis se personeel, waarna die polisie gebel is om die situasie te ontlont.

Intussen het sy vrou, Chantal Deidrè Cloete vanoggend in ‘n Facebook-inskrywing almal bedank vir hulle gebede. Sy het in nog ‘n inskrywing geskryf dat sy haar man baie mis en meen hy moet veg vir haar en sy sewe kinders.