Opvolg: 21-Jarige in hof ná polisieman se moord

Opvolg: 21-Jarige in hof ná polisieman se moord

Jan de Villiers (21) het vanoggend (16 Januarie) op ‘n klag van moord in Nigel Landdroshof verskyn.

Magda Maritz

Dit volg ná die liggaam van die 48-jarige SAPD-Lid A/O Johan Lewis op 13 Januarie in ‘n plaasdam buite Nigel gevind is.

Volgens Brig Peters dui die voorlopige ondersoek daarop dat Lewis in die dam ingestoot is waarna hy verdrink het. Die saak word verder deur die SAPD provinsiale ondersoek-eenheid ondersoek.

Die saak is tot 31 Januarie vir ‘n borgaansoek uitgestel.

A/O Johan (Jerry) Lewis het op 13 Januarie gesterf nadat hy ‘n 21-jarige verdagte op ‘n veldmotorfiets gejaag het. Lewis se liggaam is op 13 Januarie onder verdagte omstandighede in ‘n plaasdam buite Nigel gevind, waarna Jan de Villiers die volgende dag vasgetrek en van moord aangekla is.

A/O Lewis word op 22 Januarie om 10:00 vanuit Nigel NG Kerk Suid begrawe.

Hy laat sy vrou, twee kinders en moeder Lilian agter.

Original story

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=2389122851192507&id=233604423411038